![ONTRUIMING VAN ALEPPO WEER TOT STILSTAND](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/aa-250-150x150.jpg)
Die finale ontruiming van Aleppo het gisteraand weer tot stilstand gekom
nadat rebelle in die verwoeste enklawe in die oostelike deel van die stad skynbaar nuwe eise gestel het.
Nagenoeg 25 000 mense is reeds uit dele van die stad verwyder wat nog deur rebelle beheer word.
Volgens berigte staan 62 busse gereed om die laaste inwoners na veiligheid te neem.
Rebelle wat onder mekaar stry en nuwe eise stel vir die vrylating van hul makkers wat aangehou word, belemmer egter die reddingspoging.
The post ONTRUIMING VAN ALEPPO RUK WEER TOT STILSTAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.