![rosestad-100-6-nuus-strafhof-regering-se-betoe-vandag-gehoor](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-STRAFHOF-REGERING-SE-BETO%C3%8B-VANDAG-GEHOOR-150x150.jpg)
Die regering se onttrekking aan die Internasionale Strafhof bring nie mee dat ’n staatshoof wat misdade teen die mensdom gepleeg het, in Suid-Afrika immuun is teen vervolging nie.
Dít blyk uit advokaat David Unterhalter, se argumente gistermiddag namens die Helen Suzman-stigting in die hooggeregshof in Pretoria.
Unterhalter het gesê oor die algemeen erken Suid-Afrika staatshoofde se immuniteit teen vervolging, maar Suid-Afrika se Grondwet vereis dat staatshoofde wat internasionale misdade gepleeg het, soos oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom vervolg moet word.
President Jacob Zuma en die ministers van Justisie en van Internasionale Betrekkinge sal vandag in die hooggeregshof in Pretoria betoog dat die regering se besluit om hom aan die Internasionale Strafhof te onttrek, wettig en grondwetlik is.
Die hof het betoë aangehoor van die DA, die Suid-Afrikaanse Litigasiesentrum, die Helen Suzman-Stigting, die Sentrum vir Menseregte en die Sentrum vir die Bevordering van die Grondwet.
Hulle vra dat die hof die besluit onwettig en ongrondwetlik verklaar en dit ter syde stel.
Die groep voer aan dat die kabinet nie by magte is om sodanige besluit te neem nie en dat die kwessie in die parlement bespreek moet word.
The post STRAFHOF: REGERING SE BETOË VANDAG GEHOOR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.