![rosestad-100-6-nuus-oakland-brand-36-reeds-dood](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-OAKLAND-BRAND-36-REEDS-DOOD-150x150.jpg)
Die dodetal in ‘n brand in Oakland in die Amerikaanse staat Kalifornië het tot 36 gestyg.
Elf van die slagoffers se liggame is tot dusver geïdentifiseer.
Die brand het in ‘n pakhuis uitgebreek waar ‘n partytjie Vrydagaand gehou is.
Die soektog na liggame moes ure lank gestaak word uit vrees dat ‘n beskadigde muur van die gebou kan omval.
Daar was ten tyde van die brand tussen 50 en ‘n 100 mense in die nagklub.
Die voorval was die ergste sedert ‘n brand in 2003 by ‘n nagklub in Rhode Island waarin 100 mense omgekom het.
The post OAKLAND-BRAND: 36 REEDS DOOD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.