![rosestad-100-6-nuus-luukse-ampsmotors-maar-werkloosheid-bly-n-probleem](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-LUUKSE-AMPSMOTORS-MAAR-WERKLOOSHEID-BLY-N-PROBLEEM-150x150.jpg)
Die ANC-regering het Suid-Afrikaners warm onder die kraag weens 7 miljoen rand se peperduur ampsmotors wat aangekoop word al sit bykans 9 miljoen Suid-Afrikaners sonder werk.
Netwerk24 berig die minister van kommunikasie, Faith Muthambi, is maar net een van ‘n rits amptenare wat luukse rygoed ontvang.
Sy is met ‘n luukse BMW X5 van meer as 1 miljoen rand beloon – net twee jaar nadat sy twéé luukse voertuie gekry het.
Dit is maar een van vele luukse aankope wat blyk uit die aansuiweringsbegroting van 1,29 miljard rand wat in die staande komitee oor begrotings onder die loep geneem is.
BMW’s, ‘n Ford Everest, twee Toyota Fortuners en drie nuwe Audi’s tel onder die ampsmotors.
David Maynier, DA-LP, voer aan die 7 miljoen rand vir luukse motors in die begroting is skandalig, maar die ANC het sy meerderheid in die staande komitee oor begrotings gebruik om die toeken van die ampsmotors deur te druk.
The post LUUKSE AMPSMOTORS, MAAR WERKLOOSHEID BLY ‘N PROBLEEM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.