![rosestad-100-6-nuus-jameson-aanvallers-vandag-in-hof](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Jameson-aanvallers-vandag-in-hof-150x150.jpg)
Twee van die vier mans wat die 45-jarige Whitey Jameson op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein met ’n mes doodgesteek is, was op borgtog toe hulle na bewering die moord gepleeg het.
Van die beskuldigdes wat in die Grasland-woonbuurt woon, het gister vlugtig voor waarnemende landdros Inez Bezuidenhout verskyn.
Die vier mans staan saam met twee tienermeisies tereg op aanklagte van moord en die besit van gesteelde goedere waar onder ‘n rekenaar.
Die verdagtes het Jameson na bewering verlede Maandagaand buite sy huis op ’n kleinhoewe in Lakeview oorval en verskeie kere met ’n mes gesteek.
Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 gesê Jameson se vrou het op sy liggaam afgekom.
Volgens Mpakane het die polisie die verdagtes in hul wegkruipplek in Bloemspruit in ’n intelligensiegedrewe operasie in hegtenis geneem.
The post JAMESON AANVALLERS WAS UIT OP BORGTOG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.