![DEENSE MAN WIL OP BORGTOG VRYGELAAT WORD](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Ranjeni-on-Zuma-charm-offensive1-150x150.jpg)
Die verhoor van die Deense wapenhandelaar van Bloemfontein wat glo menslike weefsel van vroue in sy vrieskas geberg het, sal waarskynlik in Mei volgende jaar plaasvind.
Netwerk24 berig regter Soma Naidoo het in die Vrystaatse hooggeregshof beslis dat die voorverhoor van die 64-jarige Peter Frederiksen eers op 24 Februarie volgende jaar sal plaasvind.
Frederiksen word ook aangekla van sameswering om sy vrou in Lesotho te vermoor.
Sy onvermoë om sy prokureurs te betaal beteken dat Leona Smit van Regshulp SA sal vir hom optree in verband met die 59 aanklagte wat die onwettige verwydering van menslike weefsel, die vervaardiging van kinderpornografie en een van die besit van sulke pornografie en oortredings van die Vuurwapenwet insluit.
The post VERHOOR VAN DEEN BEGIN EERS IN MEI appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.