![BFN WATER IS SKOON VAN E-COLI](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Water_glass-3-150x150.png)
Die afgelope tyd se hitte plaas toenemende druk op reservoirs en damme in die Bloemfontein.
Intussen sê die DA Mangaungraadslid, Rossouw Botes, damme in die stad se opvangsgebied het na die reën net tussen onder ‘n persent tot 1,2 % gelig.
Botes sê die watervlakke in die stad bly steeds kritiek en die stadige ontrekking- en suiweringsproses uit veral die Caledonrivier plaas ‘n ekstra stremming op die beskikbaarheid van water aan inwoners.
Botes het weer ‘n beroep op inwoners van Bloemfontein gedoen om water spaarsamig te gebruik en persone wat nie waterbesparingsmaatreëls gehoorsaam nie, by die metro aan te meld.
Hy sê inwoners van Dewetsdorp en Wepener, wat ook nou deel van die Mangaung Metro-gebied vorm, het die afgelope sewe dae geen water gehad nie weens die feit dat Bloemwater nie waterkwotas nakom nie.
The post WATERVLAKKE STEEDS ONDER DRUK – BOTES appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.