Tersiëre onderwys in Suid-Afrika sal oor die volgende drie jaar ‘n tekort van nagenoeg R 120 miljard toon.
Dit is volgens inligting wat vandag in die parlementêre portefuljekomitee vir hoër onderwys bekendgemaak is.
“Die regering het nie sy belofte nagekom om universiteite se verliese weens geen verhogings te delg nie.”
Die DA se Belinda Bozzoli sê die R 120 miljard is nie die enigste rede tot kommer nie, aangesien dié syfers nie die nul persent verhoging vir studente, wie se families minder 600 duisend rand per jaar verdien, in ag neem nie.
![rosestad-100-6-nuus-belinda-bozzoli](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Belinda-Bozzoli-300x255.jpg)
Belinda Bozzoli
Die Wits Universiteit in Johannesburg het gister aangekondig dat studente aanstaande jaar 8 % meer sal betaal aan universiteitsfooie nadat dié universiteit die afgelope jaar nie sy volle bevondsing van die regering ontvang het nie.
Bozzoli sê die regering het nie sy belofte nagekom om universiteite se verliese weens geen verhogings te delg nie.
Sy sê die vernaamste oorsaak vir die hoër onderwys-krisis in Suid-Afrika is die gebrek aan befondsing van universiteite deur die ANC-regering.
The post TEKORT VAN R 120 MILJARD BY HOËR ONDERWYS REDE TOT KOMMER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.