Sewe mense, onder wie twee tienermeisies, verskyn na verwagting vandag in die landdroshof in Bloemfontein weens die moord op en roof van die 45-jarige Whitey Jameson van Bloemspruit, buite Bloemfontein.
Die verdagtes het Jameson na bewering verlede Maandagaand buite sy huis op ’n kleinhoewe in Lakeview oorval en verskeie kere met ’n mes gesteek.
Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 gesê Jameson se vrou het op sy liggaam afgekom.
Volgens Mpakane het die polisie die verdagtes in hul wegkruipplek in Bloemspruit in ’n intelligensiegedrewe operasie in hegtenis geneem.
Van die gesteelde artikels is in hul besit gevind.
The post JAMESON-AANVALLERS VANDAG IN HOF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.