Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

TWEE EERSTE MINISTERS BEDANK

$
0
0

Italië se eerste minister, Matteo Renzi, het bedank.

Dit volg nadat hy ‘n groot nederlag gely het in gister se referendum oor sy plan om die grondwet te verander.

Renzi sê hy gaan die kabinet vanmiddag oor sy bedanking inlig en daarna sy bedanking by die president indien nadat hy twee en ‘n half jaar lank in die pos was.

Sy bedanking kan die weg gebaan vir die opposisie-Vyfster-beweging om binnekort in Italë aan bewind te kom.

Die uitslag word verder bestempel as ‘n hupstoot vir die regse Noordelike Liga, ‘n bondgenoot van Frankryk se verregse Marine le Pen, se pogings om tot die leierskapstryd in Italië toe te tree.

Ontleders meen die stem teen hervormings in Italië kan beleggers in die vierdegrootste ekonomie in Europa afskrik.

KEY BEDANK WEENS “FAMILIEREDES”

rosestad-100-6-nuus-twee-staatshoofde-bedank-john-keyIntussen het Nieu-Seeland se eerste minister, John Key, ook aangekondig dat hy gaan bedank nadat hy agt jaar lank die amp beklee het.

Hy het familieredes vir die besluit aangevoer.

Keys se adjunk, Bill English, sal waarskynlik die amp oorneem totdat die party se koukus ‘n uwe eerste minister aanwys.

Key sê dit was die moeilikste besluit wat hy nog moes neem, maar dit het tyd geword dat hy vanweë sy gesinspligte sy amp neerlê.

The post TWEE EERSTE MINISTERS BEDANK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!