Drie verdagtes sal vandag in die hof verskyn nadat die Valke Vrydag 19 onwettige dobbelplekke in die Noord-Kaap en Noordwes toegemaak het.
‘n Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, sê hulle word onder meer van korrupsie, geldwassery en rampokkery verdink.
Die dobbelplekke wat toegemaak is, is in Kuruman, Kimberley, Kathu, Kakamas, De Aar, Colesberg, Port Nolloth, Keimoes, Olifantshoek, Postmasburg, Daniëlskuil, Barkly-Wes, Douglas, Hartswater, Vryburg en Delareyville.
Nog arrestasies word verwag.
The post 19 ONWETTIGE DOBBELHUISE TOEGEMAAK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.