Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

ACE KRY MEER, DROOGTEHULP MINDER BELANGRIK

$
0
0

Die Vryheidsfront Plus sê die R31 miljoen waarmee die departement van die premier se begroting verhoog is, is onnodig.

Die LUR vir Finansies in die Vrystaat, Elsabe Rockman het ook Vrydag tydens haar aansporingsbegroting vir die provinsie ‘n verdere R8.5 miljoen wat by die begroting van die Macufe-fees wat reeds plaasgevind het, gevoeg.

Die Vryheidsfront Plus se wetgewerlid in die Vrystaat, Wouter Wessels, sê die aansporing is onaanvaarbaar gegewe meer drukkende prioriteite in die provinsie.

Wessels sê dit is jammer dat daar steeds geen voorsiening gemaak word om addisionele befondsing vir droogtehulp beskikbaar te stel nie.

Intussen word R13.5 miljoen van ander departemente weggeneem om aan die kantoor vir die premier te allokeer vir provinsiale kommunikasie.

Hy sê dit dui op verkeerde prioriteite te midde van erge finansiële tekorte en ‘n provinsie wat in ‘n krisis verkeer.

Wessels het egter die feit verwelkom dat die provinsiale tesourie daarin geslaag het om reeds 150% van hul teiken vir inkomstegenerering vir die jaar te bereik en dat die provinsie se inkomstestroom na verwagting hoër as die aanvanklike begrote inkomste vir die finansiële jaar gaan wees.

The post ACE KRY MEER, DROOGTEHULP MINDER BELANGRIK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!