Sindikate is glo bereid om miljoene rande te betaal om toegang vir onwettige
mynwerkers by operasionele myne in Suid-Afrika te kry.
Nash Lutchman – die hoof van beskermingsdienste by Suid-Afrika se grootste goudmynmaatskappy, Sibanye – het aan Netwerk24 gesê die huidige omkoopprys om ’n onwettige mynwerker toegang by een van hul myne te gee, is minstens R20 000 en dan nóg R20 000 om hom weer later ongesiens na die oppervlak te bring.
Hy sê daar is reeds vanjaar 542 onwettige myners op Sibanye-eiendom in hegtenis geneem.
Volgens die Kamer van Mynwese kos onwettige mynbedrywighede die land jaarliks ongeveer R6 miljard.
The post SINDIKATE SAL GLO BETAAL VIR ONWETTIGE MYNWERKERS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.