14 Mense is Maandagoggend beseer in ‘n ongeluk tussen drie voertuie in Heidedal in Bloemfontein.
Die beseerdes is op die toneel in Dr. Belcherweg behandel nadat ‘n swaarvoertuig, ‘n taxi en motor in botsing betrokke was.
ER 24 se Chitra Bodasing sê hulle het almal ligte beserings opgedoen en is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word tans ondersoek.
The post 14 BESEER IN ONGELUK IN HEIDEDAL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.