Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

ZUMA: ANC OP ‘MESPUNT’

$
0
0

Suid-Afrika en die ANC se politiek is tans op ‘n mespunt gebalanseer nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee se vergadering wat met ‘n dag verleng is.

‘n Derde dag van die NUK se vergadering volg nadat daar nie eenstemmigheid bereik kon word nie oor of ‘n geheime stemming gehou moet oor ‘n mosie Saterdag van die minister van Toerisme, Derek Hanekom.

Hanekom se mosie stel voor dat president Jacob Zuma uit die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee moet bedank.

Politieke Wetenskaplike van die Noortwes Universiteit, Professor André Duvenhage, sê indien Hanekom se mosie slaag, kan Zuma se termyn as president binnekort tot ‘n einde kom.

Duvenhage sê die pro- en anti-Zuma faksies staan tans op ‘n kantelpunt, maar indien die mosie nie slaag nie, kan Zuma se posisie ietwat sterker wees en as ‘n oorwinning oor die anti-Zuma-groep geag word.

Hy sê besluite vandag deur NUK oor Zuma se toekoms, sal bepalend wees vir die politieke speelveld oor die volgende jaar.

Volgens die jongste berigte het minstens drie lede van president Jacob Zuma se kabinet gevra het dat hy as ‘n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee moet bedank of dat die NUK hom moet uitstem.

Hulle is die minister van Toerisme, Derek Hanekom, die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, en die minister van Openbare Werke, Thulas Nxesi.

Hulle word glo ook sterk ondersteun deur die ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu.

The post ZUMA: ANC OP ‘MESPUNT’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!