Die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is met ‘n dag tot vandag verleng na afloop daarvan dat die minister van Toerisme, Derek Hanekom, gister ‘n mosie ingedien het om te vra dat Zuma uit die ANC se NUK moet tree.
Stemmery oor die voorstel is tot vandag op die laaste dag van die NUK-sitting uitgestel.
City Press het berig dat die groep wat Zuma uit die NUK wil hê, voorbrand maak vir ‘n geheime stemming om die president se lot te bepaal.
Dit volg nadat ANC-veterane die party se nasionale werkkomitee oorreed het om so vroeg as Junie ‘n nasionale konferensie te hou waar die party diep selfondersoek sal doen.
Dié konferensie sal ook as beleidskonferensie dien.
The post GROEP SOEK ZUMA UIT DIE NUK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.