Tegnici van Metrorail en Transnet in die Wes-Kaap werk steeds onverpoosd
om die Metrorail kabelnetwerk te herstel nadat vandale groot skade oor die naweek aan toerusting aangerig het.
Dit het Metrorail verplig om sy treindiens in die gebied op te skort.
‘n Woordvoerder van Metrorail, Riana Scott, sê kabels is op een punt beskadig.
Alle Metrorail-kaartjiekantore is gesluit en pendelaars is aangeraai om ander beskikbare openbare vervoer te gebruik.
Scott sê hulle hoop dat die herstelwerk vanoggend afgehandel sal wees.
The post SKADE AAN METRORAIL KABELNETWERK WORD HERSTEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.