Bloemfontein se goue Olimiese atleet en wereldrekordhouer in die 400 m vir
mans, Wayde van Niekerk, is gisteraand nes verlede jaar weer as Suid-Afrika se Sportster van die Jaar én Sportman van die Jaar op die Suid-Afrikaanse Sport toekenningsplegtigheid vereer.
Netwerk24 berig Wayde se afrigter, Ans Botha, is ook gisteraand hier vir hul Olimpiese triomf vereer.
Botha is as Afrigter van die Jaar aangewys.
Die 24-jarige Van Niekerk het op vanjaar se skouspel in Rio de Janeiro die wêreldrekord tot 43.03 sekondes verbeter.
The post WAYDE EN SY AFRIGTER VEREER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.