Die Internasionale Krieketraad het sy teleurstelling uitgespreek omdat Suid-Afrika se waarnemende kaptein, Faf du Plessis, gaan appelleer nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy met die bal gepeuter het in die tweede toets teen Australië in Hobart.
Die IKR sê vandag in ‘n verklaring hy is teleurgesteld dat Du Plessis besluit het om nie die bevindings van die wedstrydskeidsregter, Andy Pycroft van Zimbabwe, te aanvaar nie.
Die raad sê ‘n kommissaris sal nou aangestel word om die appèl so gou as moontlik aan te hoor.
Intussen is die etenstydtelling op die tweede dag van die derde dag/aand-toets
tussen Suid-Afrika en Australië in Adelaide was 209 vir drie in Australië se eerste beurt.
Usman Khawaja staan op 108 nie uit nie.
Die kaptein, Steven Smith, is vroeër met sy telling op 59 uitgehardloop.
Suid-Afrika het nog ‘n eerstebeurt-voorsprong van 50 lopies.
The post FAF DU PLESSIS GAAN APPELLEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.