Daar was vanoggend drama en pandemonium by die burgersentrum in Rustenburg waar die eerste raadsvergadering ná die munisipale verkiesing gehou is.
‘n ANC-ondersteuner is onder meer deur EFF-ondersteuners aangerand.
Die saal van die burgersentrum was volgepak met EFF-ondersteuners, terwyl ANC-ondersteuners probeer het om met geweld in te kom.
Dit is steeds onseker wie die munisipaliteit gaan bestuur.
Die ANC het 43 setels gewen, die EFF 24, die DA 14 en die Forum vir Dienslewering vier.
Die kleiner partye het onderneem om mekaar te ondersteun om te keer dat die ANC die munisipaliteit beheer.
The post ANC-ONDERSTEUNER BY RAADSVERGADERING AANGERAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.