Die polisie op Prieska in die Noord-Kaap het gister rubberkoeëls gebruik om oproerige inwoners onder beheer te bring nadat hul amok gemaak het omdat hulle nie die ANC se voorgestelde burgemeesterskandidaat vir die dorp wil aanvaar nie.
Inwoners het volgens Netwerk24 gesê daar is nie voor die verkiesing op Thandeka Yawa as burgemeester besluit nie.
Die polisie se kaptein Sergio Kock sê die polisie en die eenheid vir openbare orde is ontbied nadat gemeenskapslede verskeie strate met klippe, rommel en brandende bande afgesper het, en groepe betogers ook by die munisipale kantore en die Laerskool Prieska saamgedrom het.
The post RUBBERKOEëLS OP OPROERIGE INWONERS GEBRUIK IN PRIESKA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.