Die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement het sy skok uitgespreek nadat ‘n Durbanse skoolhoof in die stad doodgeskiet is.
Die polisie se luitenant-kolonel Thulani Zwane sê die 62-jarige Nhlanhla Mhlongo is Woensdagmiddag deur twee mans in sy motor geskiet net ná hy die eMpumelelweni-laerskool verlaat het.
Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.
The post DURBANSE SKOOLHOOF DOODGESKIET appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.