Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

MANGAUNG: EERSTE RAADSVERGADERING VIR 3 UUR VERTRAAG

$
0
0

Die eerste raadsvergadering van die Mangaung-metro ná die onlangse plaaslike verkiesing met sy nuutverkose 100 raadslede is sowat drie uur vertraag omdat die regte prosedures nie gevolg is toe die uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, en die speaker, Mxolisi Siyonzana, gekies is nie.

Daar is nie van geslote stembriewe gebruik gemaak soos vereis nie, ‘n fout wat eers reggestel is nadat eers Mlamleli en daarna Siyonzana hul aanvaardingstoesprake gelewer het.

DA-raadslid Dulandi Leech het verwys na die vereistes van die Strukturewet, waarin geslote stembriewe vereis word.

Siyonzana het die speakerstoel ontruim en daar is oorgestem met die hulp van die Onafhanklike Verkiesings kommissie.

Siyonzana het 58 stemme vir die amp van speaker gekry en David Masoeu, DA-kandidaat en DA-koukusvoorsitter, 35.

Mlamleli het 60 stemme gekry vir die amp van burgemeester en Hardie Viviers, DA-koukusleier, 36.

The post MANGAUNG: EERSTE RAADSVERGADERING VIR 3 UUR VERTRAAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!