’n 22-Jarige man is dood toe hy in Mitchells Plein in die Kaapse Skiereiland teen ’n stilstaande Golden Arrow-bus gebots het.
Volgens ‘n woordvoerder van Kaapstad se verkeersdienste, Richard Coleman, het die ongeluk in Tafelsig gebeur.
Volgens die polisie het twee motors glo aan ’n onwettige straatren deelgeneem toe een van die bestuurders beheer oor sy voertuig verloor het.
Die ander bestuurder het weggejaag.
The post MAN STERF TOE HY TEEN STILSTAANDE BUS BOTS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.