Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

MALEMA SE BESTUURDER NIE GEARRESTEER NIE

$
0
0

Die leier van die EFF, Julius Malema, se motorbestuurder wat Maandag op
pad na Bloemfontein voorgekeer is omdat hy na bewering teen 187 km/h gejaag het, is nie in hegtenis geneem of aangekla nie.

Netwerk24 berig daar heers groot verwarring oor die voorval nadat vroeër berig is dat hy wel in hegtenis geneem is.

Volgens kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, is die bestuurder nie in hegtenis geneem nie en daarom nie aangekla nie.

Sake van regsverydeling en die oorskryding van die spoedgrens word glo wel ondersoek, maar dit is onbekend teen wie.

George Ramotsoto, waarnemende direkteur van verkeersbestuur in die Vrystaat, het ook net gesê die man is na die Parys-polisiekantoor geneem en dieselfde dag vrygelaat.

Daar kon nie verklaar word waarom die onbekende motorbestuurder nie in hegtenis geneem en aangekla is nie.

The post MALEMA SE BESTUURDER NIE GEARRESTEER NIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!