Die voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat ondersoek instel oor
die bevoegdheid van die SAUK-raad, Vincent Smith, sê die ondersoek sal voortgaan ten spyte daarvan dat die voorsitter van die raad die enigste oorblywende raadslid is.
Dertig getuies sal vandag formele kennisgewing ontvang om voor die komitee te verskyn.
Dit sluit die Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, in. Smith sê hul mandaat is om bevoegheid van die SAUK-raad soos op 1 Oktober 2016 te ondersoek.
Volgens hom het die voorsitter van die raad, Mbulaheni Maguvhe, nog nie bedank nie en as hy as hy teen 29 November nog daar is, sal die ondersoek voortgaan.
The post “ONDERSOEK VAN SAUK-RAAD GAAN VOORT” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.