Die Presidensie het dit uitgespel dat President Jacob Zuma se besluit om die
hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shaun Abrahams, te vra om redes te verskaf waarom hy nie geskors moet word nie, nie beteken dat Zuma vertroue in hom verloor het nie.
Dit volg nadat Freedom Under Law en die Helen Suzman Stigting die president gevra het om die drie advokate – Abrahams, die direkteur van Openbare Vervolging, Sibongile Mzinyanthi en die senior aanklaer, Torie Pretorius te skors hangende ‘n ondersoek na hulle bevoegdheid.
Kommer is uitgespreek oor die wyse waarop hulle die vervolging van die minister van Finansies, Pravin Gordhan hanteer het.
The post “ZUMA HET NIE VERTROUE IN ABRAHAMS VERLOOR NIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.