Honderde personeellede van Eskom het gister ‘n vergadering by die
kragvoorsiener se hoofkantoor in Midrand byeengeroep en die uitvoerende hoof, Brian Molefe, gevra om sy bedanking terug te trek.
Die werknemers het via hul vakbondverteenwoordigers aangedui hulle gaan aan die Eskom-direksie en aan die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, skryf om te vra om Molefe te oortuig om sy bedanking terug te trek.
Molefe het herhaal dat hy uit sy eie besluit het om te bedank in belang van die maatskappy en goeie korporatiewe bestuur en dat dit nie ’n skulderkenning is nie.
The post ESKOM-PERSONEEL VRA MOLEFE OM TE BLY appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.