’n Man van Postmasburg in die Noord-Kaap het wonderbaarlik oorleef nadat
hy Maandagoggend in ’n gewapende rooftog by sy huis in die voorkop geskiet is.
Netwerk24 berig die 59-jarige Amos Lambrechts sou gisteraand ’n operasie in die Mediclinic Gariep in Kimberley ondergaan om die koeël uit sy skedel te laat verwyder.
Dit volg nadat vyf gewapende mans Lambrechts en sy vrou, Minnette, vroegoggend by hul huis oorval het.
Een van die gewapende mans het Amos tussen die oë geskiet, maar hy het op wonderbaarlike wyse oorleef.
Daar word geglo dit is die manier waarop hy sy kop gedraai het wat verhinder het dat die skoot sy dood meegebring het.
The post MAN IN DIE KOP GESKIET EN OORLEEF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.