’n Bloemfonteinse gesin van Woodland Hills het in die Bloemfonteinse
streekhof op 135 aanklagte van BTW-bedrog verskyn waarby altesaam R59 miljoen betrokke is.
Netwerk24 berig dat borgtog van R50 000 elk gister deur streeklanddros Leavit Mkansi aan Norman Delport, sy vrou, Johanna, en hul seun, Marius, toegestaan is.
Die egpaar en hul seun is lede van ‘n rits familietrusts wat oor ‘n tydperk van byna sewe jaar altesaam R59 miljoen se BTW onregmatig geëis het.
Dit is die grootste bedrag in een ondersoek oor beweerde BTW-bedrog wat tot nog deur die strafregtelike ondersoekeenheid van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in die Vrystaat en Noord-Kaap ondersoek is.
Die saak sal waarskynlik na die hooggeregshof verwys word.
The post BFN GESIN AANGEKLA VAN BTW-BEDROG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.