‘n Sangoma van Thaba Nchu buite Bloemfontein is tot 20 jaar gevangenisstraf
gevonnis vir die verkragting van twee vrouens.
Rutikie Steady van Mokwena buite Thaba Nchu is skudlig bevind aan die verkragting van die vroue, waarvan een sy student was.
Sy is in September in 2014 gedurende ‘n seremonie op Makeleketla naby Winburg deur Steady verkrag.
Sy het eers nie die verkragting aangemeld nie, maar nadat hy sy tweede slagoffer verkrag het, is ooggetuies ondervra en het albei klagtes aanhangig gemaak.
Hy is op albei klagtes skuldig bevind en sal tien jaar tronkstraf vir albei klagte afsonderlik uitdien.
The post SANGOMA GEVONNIS VIR DIE VERKRAGTING VAN 2 VROUENS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.