Vier mans is in hegtenis geneem nadat die polisie sowat R3 miljoen se perlemoen op ’n plaas buite Bonnievale in die Wes-Kaap met die hulp van ‘n snuffelhond gevind het.
Beslag is gelê op meer as 15 500 stukke gedroogde perlemoen.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, kaptein F.C van Wyk, sê die verdagtes, twee Suid-Afrikaners en twee buitelanders, sal môre in die landdroshof op Robertson verskyn.
The post 15 500 STUKKE PERLEMOEN OP PLAAS GEVIND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.