Die eienaar van die Otavi-leeuplaas op Parys in die Vrystaat ontken bewerings van die Four Paws diereregte-organisasie dat dié plaas by geblikte leeujag betrokke is.
Die plaas is in die nuus nadat die 12-jarige Nkalemelo Latha gisteroggend deur twee leeus doodgebyt is.
David Letsoara, toesighouer op die plaas, sê die plaaswerker het sonder toestemming by die twee leeus ingegaan.
Nkalemelo het dié man gevolg en is toe deur die leeus aangeval.
Volgens Fiona Miles, Four Paws se direkteur, is Otavi gelys as ’n niewinsgewende organisasie en hawe vir wilde diere, maar verkoop wel leeus.
Otavi se Ina Human sê egter die plaas oortree geen wette nie en welpies word verkoop om die koste en die versorging van die diere te dek.
Sy het ontken dat Otavi by geblikte leeujag betrokke is.
The post EIENAAR ONTKEN OTAVI BY GEBLIKTE LEEUJAG BETROKKE IS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.