Inwoners van Bloemfontein word versoek om water uiters spaarsamig te gebruik weens die feit dat reservoirs in die stad onder druk verkeer.
Volgens die DA se Rossouw Botes is veral die Brandkop-reservoir se watervlak tans baie laag.
Botes het inwoners gevra om nie water onnodig op te gaar nie, aangesien dit bykomende druk op reservoirs sal plaas.
Botes sê die goeie reën die afgelope tyd het water na die Caledon-rivier laat vloei, wat druk op die ontrekking en suiwering van water plaas.
Hy sê daar is veral ‘n agterstand met die suiwering van water.
Pellissier, Lourierpark, Kwaggafontein, Langenhovenpark Ferreire, Bloemdal en Hamilton asook kleinhoewes buite die stad se waterdruk sal veral onder druk verkeer.
The post WATER IN BLOEMFONTEIN WÉÉR ONDER DRUK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.