Vrystaat Landbou sê die verre westelike en suidelike dele van die Vrystaat het steeds geen noemenswaardige reën ontvang nie en die droogte het landbouers in dié gebied steeds in sy greep.
Daarteenoor doen talle landbouers in die noordelike dele van die Vrystaat tans skade opnames na swaar reën en hael oor die naweek sporadies voorgekom het.
Reënmetings in die Parys-distrik het Vrydag tussen 30mm en 200mm binne vier ure gemeet.
Kobus Dannhauser, voorsitter van die Parys Boerevereniging, sê sporadiese wolkbreuke het oor gebiede voorgekom.
Die reën volg op sowat 250mm wat die vorige drie weke oor dele van die gebied geval het.
Skade opnames word ook in die Bothaville en Wesselsbron distrik gedoen waar veral koring-aanplantings deur hael getref is.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vanoggend ‘n weerwraak uitgereik waarin hewige donderstorms met die moontlikheid van hael en sterk winde oor die noordwestelike dele van die Vrystaat voorspel word.
The post VERRE WES- EN SUID-VRYSTAAT STEEDS ONDER DROOGTE SE GREEP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.