Die Nasionale Vervolgingsgesag sal binne twee weke besluit of hy die geskorste voorsitter van die Wes-Kaapse ANC, Marius Fransman, van seksuele teistering gaan aankla of nie.
Fransman is verlede week vir vyf jaar geskors nadat ‘n tugkomitee van die ANC hom skuldig bevind het aan die seksuele teistering van Louisa Wynand en dat hy die party in onguns gebring het.
Die NVG se woordvoerder, Phaladi Shuping, sê hulle was in gesprek met die ondersoekbeampte en die ondersoek is na wat verneem word in ‘n gevorderde stadium.
Shuping sê hulle is vol vertroue dat daar binne die volgende twee weke ‘n besluit geneem sal kan word sodra hulle die dossier van die polisie ontvang.
The post NVG SAL BESLUIT NEEM OOR FRANSMAN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.