Die Reserwebank sal dalk rentekoerse moet verhoog te midde van hoër inflasieverwagtinge weens die swakker rand.
Inflasieverwagtinge het tot 6,6% gestyg sedert die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president verlede week en die rand het met sowat 8% gedaal.
Buitelandse beleggers het sedert verlede week bykans R10 miljard se Suid-Afrikaanse aandele verkoop.
‘n Ekonoom van die maatskappy Argon Asset Management, Thabi Leoka, sê onsekerheid oor Trump se beleidsrigtings word weerspieël in die wyse waarop die markte reageer.
Sy sê die onsekerheid behoort deur te syfer na die Reserwebank se verklaring op 24 November.
The post RENTEKOERSE GAAN DALK VERHOOG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.