’n Pretoriase man of vrou is meer as R57 miljoen ryker nadat die gelukkige wenner Vrydagaand die nasionale lotery se PowerBall-boerpot van R57 782 000 gewen het.
Netwerk24 berig Zukiswa Nomganga, woordvoerder van Ithuba, het Maandagoggend bevestig die nuwe multimiljoenêr het egter nog nie met Ithuba kontak gemaak nie, dalk omdat hy of sy nog oor die skok moet kom.
Die wenner het ’n kaartjie van R45 gekoop waarmee hy of sy die ses wennommers self gekies het.
Nomnganga sê die trekking het Vrydagaand plaasgevind.
The post POWERBALL: WENNER VAN PRETORIA R57 M. RYKER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.