Die Suid-Afrikaanse jag- en bewaringsorganisasie, SA Jagters, het gevra vir ‘n dringende ondersoek na bewerings dat die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, en ander amptenare bande het met internasionale smokkelaars wat ook betrokke is by omkopery en korrupsie.
Die uitvoerende hoof van die organisasie, Fred Camphor, sê die ondersoek moet gelei word deur ’n onafhanklike regspersoon wat nie deur politiekery of omkopery beïnvloed sal word nie.
Hy sê die jongste bewerings dat ’n minister moontlik by ’n sindikaat betrokke is, is ’n klap in die gesig van veldwagters wat daagliks hul lewens waag om renosters teen stropers te probeer beskerm.
The post SA JAGTERS VRA VIR ONDERSOEK NA MAHLOBO appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.