Die raad van die Universiteit van Wes-Kaapland gaan deur die Openbare Beskermer ondersoek word nadat klagtes oor wanbestuur teen sekere raadslede ingedien is.
UWK-woordvoerder Luthando Tyhalibongo sê die universiteit is verlede week in kennis gestel van die ondersoek en verwelkom die proses.
Hy sê die UWK sal sy volle samewerking gee en alle relevante inligting aan die OB beskikbaar stel.
The post RAAD VAN UWK GAAN ONDERSOEK WORD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.