Altesaam 20 klagtes is die afgelope jaar ontvang van onderwysers wat met onwettige en vervalste kwalifikasies skoolgehou het.
Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro), Rej Brijraj, het op ’n nuuskonferensie in Centurion gesê die raad stel self vas of onderwysers se kwalifikasies wettig is voordat hulle op dié organisasie se register geplaas word.
Hy sê dit is egter ook die verantwoordelikheid van die werkgewers om seker te maak dat onderwysers gekwalifiseer is.
The post 20 KLAGTES VAN ONDERWYSERS MET VERVALSTE KWALIFIKASIES appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.