Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

OSCAR SE REGSPAN DIEN HOFSTUKKE IN

$
0
0

Die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius se regspan het hofstukke by die hooggeregshof in Pretoria ingedien in antwoord op die staat se voorneme om te appelleer.

Die staat vra volgende Vrydag in dié hof verlof om in die appèlhof te mag appelleer teen die vonnis wat regter Thokozile Masipa in Julie aan Pistorius opgelê het weens die moord op Reeva Steenkamp.

Word dit geweier, is die volgende stap om die appèlhof regstreeks verlof tot appèl te vra.

Die verdediging voer in hofstukke aan daar is nie ’n geldige rede waarom die staat juis in die appèlhof teen Pistorius se vonnis van ses jaar wil appelleer en nie voor ’n volbank van die hooggeregshof nie.

Adv. Gerrie Nel en sy span van die nasionale vervolgingsgesag het verlede maand aangekondig hulle wil teen Pistorius se vonnis appelleer.

Die voorgeskrewe minimum vonnis weens moord is 15 jaar, tensy wesenlike en dwingende omstandighede bewys word wat ’n ligter straf regverdig.

The post OSCAR SE REGSPAN DIEN HOFSTUKKE IN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!