Suid-Afrika se vroue-spiesgooier, Sunette Viljoen, het vanoggend vroeg Suid-Afrikaanse tyd ‘n silwermedalje in die spiesgooi op die Olimpiese Spele verower.
Viljoen het tweede in die Olimpiese spiesgooi-kompetisie geëindig danksy haar eerste gooi van 64,92 meter, wat eers in die vierde ronde van gooie deur die Kroasiër Sara Kolak met ‘n poging van 66,18 oortref is.
Dit volg op die bronsmedalje wat Suid-Afrika se Henri Schoeman in die driekamp vir mans verower het.
Sy brons is die beste prestasie tot nog toe deur Suid-Afrikaanse driekamp-atlete by die Olimpiese Spele.
Schoeman het 42 sekondes ná die wenner die byeenkoms – wat uit 1,5 kilometer swem, 40 kilometer fietsry en 10 kilometer hardloop bestaan het – klaargemaak.
The post SUNETTE VILJOEN KRY SILWER IN RIO appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.