‘n Man wat na bewering ’n onwettige onderneming vir lisensiëring en polisieklaring bedryf het, is gister by sy huis in Belhar in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.
Die Valke se woordvoerder, kaptein Lloyd Ramovha, sê beslag is gelê op byna R5,3 miljoen se kontant, verskeie identiteitsdokumente en twee voertuie.
Die verdagte sal na verwagting môre in die landdroshof in Bellville verskyn.
The post MAN GEARRESTEER VIR ONWETTIGE BEDRYF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.