Vyf verhoorafwagtende gevangenes het Saterdagaand uit die Musina-polisieselle in Limpopo ontsnap.
Die vyf mans wat weens moord, huisbraak en verkragting aangehou was, is almal van Zimbabwe.
Die polisie se luitenant-kolonel Moatshe Ngoepe sê die mans het ‘n gat deur ’n muur in die aanhoudingsel gegrawe om te ontsnap.
Dit is die vierde ontsnapping die afgelope paar weke in Limpopo.
The post 5 ONTSNAP UIT MUSINA-POLISIESELLE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.