Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Safa, het Bafana Bafana se hoofafrigter, Shakes Mashaba, onmiddellik geskors.
Mashaba sal nie by die span aansluit op hul reis na Mosambiek nie.
Safa het besluit om dissiplinêr op te tree ná ‘n betreurenswaardige voorval gister by die Peter Mokaba-stadion.
In ‘n verklaring sê Safa die hulpafrigter, Owen da Gama, sal die span na Mosambiek lei.
Mashaba het na bewering sy werkgewer, Safa, van ‘n gebrek aan ondersteuning beskuldig, ná gister se oorwinning oor Senegal in die 2018-Wêreldbeker- kwalifiserende wedstryd.
Mashaba was vroeër ook in ‘n bekgeveg met ‘n verslaggewer van die SAUK betrokke tydens ‘n onderhoud ná ‘n wedstryd.
Dit is nog onduidelik waarvan Mashaba aangekla word.
The post BAFANA BAFANA SE HOOFAFRIGTER GESKORS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.