Die geskorste ANC-voorsitter in die Wes-Kaap, Marius Fransman, sê ‘n groep binne die party het seker gemaak dat hy uitgeskop word voor aanstaande jaar se verkiesingskonferensie van die party.
Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee het Fransman vir vyf jaar uit die party geskors nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van wangedrag.
Fransman sê hy is die slagoffer van ‘n politieke sameswering wat gedryf is deur ‘n groep wat met die sekretaris-generaal van die party, Gwede Mantashe, vereenselwig word.
The post FRANSMAN GESKORS VIR 5 JAAR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.