’n Jaar nadat vyf Namibiërs in ’n vliegongeluk buite Durbanville naby Kaapstad dood is, is die finale verslag oor die ramp nog nie uitgereik nie en wag hul families steeds op antwoorde.
’n Lugambulans, wat van Oranjemund na Kaapstad onderweg was, het op 16 Augustus verlede jaar teen ‘n heuwel vasgevlieg.
Die Burger berig dat die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid nog nie sy finale verslag oor die ongeluk bekend gestel het nie, en het vanjaar by herhaalde navrae aangedui sy ondersoek duur nog voort.
The post VLIEGONGELUK: FAMILIES WAG NOG VIR ANTWOORDE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.