‘n Aardbewing van 5,7 sterkte het Donderdagmiddag, Australiese tyd, gewilde toeristedorpe oor ‘n afstand van ‘n duisend kilometer aan die noordoostelike kus, en veral Queensland, geskud.
Die episentrum was sowat 50 kilometer van die kusdorp, Bowen, en geboue in die stad, Townsville, is onder meer ontruim.
Die skudding word bestempel as die ergste in 20 jaar in die staat, maar volgens ‘n senior seismoloog, Jonathan Bathgate, is geen berigte oor skade tot dusver ontvang nie.
The post AARDBEWING SKUD AUSTRALIESE KUS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.