Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

MOTSHEKGA REAGEER OP STAATSKAPINGVERSLAG

$
0
0

‘n Lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, Mathole Motshekga, het benadruk dat die leierskap as geheel nie betrek kan word by die optrede van ‘n paar individue nie.

Hy het gereageer op die verslag oor staatskaping waarin president Jacob Zuma, die minister van minerale hulpbronne, Mosebenzi Zwane, en die minister van samewerkende regering, Des van Rooyen onder meer genoem word oor vermeende onbehoorlike bande met die Gupta-familie.

Motshekga se standpunt is strydig met dié van die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, dat die ANC leierskap kollektiewe aanspreeklikheid moet aanvaar.

Die Presidensie sê intussen hy oorweeg dit om ‘n formele klag te lê by die Kantoor van die Openbare Beskermer oor die beweerde uitlek van ‘n klankopname van ‘n vergadering tussen die vorige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, en President Zuma.

In die onderhoud kan gehoor word hoe Madonsela sukkel om antwoorde te kry by Zuma se prokureur, Michael Hulley, en Zuma self oor sy verhouding met die Gupta-familie.

‘n Woordvoerder vir die openbare beskermer sê ‘n interne ondersoek sal ingestel word om vas te stel hoe die betrokke opname uitgelek het.

The post MOTSHEKGA REAGEER OP STAATSKAPINGVERSLAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!